Gepubliseer ANIMAL MAGAZINE 2012
Geskryf onder my nooiens van
Heleen
Koen
Ek was nog nooit iemand wat geglo het aan 'n voeltjie in 'n hokkie
nie. Die dag toe my skoonma die klein ou blou voeltjie onder haar geparkeerde
motor vind, het ons lewe verander.
Vinnig het ek die Budgie in 'n
kartondoos gedruk, om hom so vinnig moontlik troeteldier winkel toe te neem.
Wonderbaarlik ontsnap hy en word toe amper katkos. My man hoor die geskree van
die benoude voeltjie en gaan kyk wat aangaan.
Die oomblik toe die voeltjie my
man gewaar, vlieg hy na hom toe en gaan sit op sy skouer. Die twee het dadelik
'n verbintenis gevorm en was onafskeidbaar. Die kleine ou voeltjie wat minder as
een tamatie geweeg het, het ons ure se plesier gegee. Hy was versot op
roosterbroodkrummels en is Krummel gedoop. Saans is Krummel toegelaat om uit sy
hok te kom. Sy gunsteling tyd verdryf was om op die bed se kopstuk te sit, waar
ons vir hom 'n vergrootglas spieel gesit het. Hy was alewig kwaad vir die
groter voel in die spieel en het hom vreeslik gepik en geskel. Raak jy net aan
die spieel dan word jy ook gepik. Krummel het my vele oggende uitgeskel as ek
verby hom stap sonder om hom buitentoe te neem.
Ons het een oggend die
voelhokkkie se deur oop vergeet en Krummel het verdwyn.
Ons harte was seer en
ons het getreur. Die kleine ou voeltjie het 'n groot leemte in ons lewe gelos en
ons mis hom vreeslik.
Ek het voorheen slegs kort aktuele paragrawe geskryf, en nou die dag, toevallig, skryf ek 'n kortverhaal. Ek het agter gekom ek geniet dit, en nou sal ek aanhou kortverhale skryf vir my eie plesier. Dit is nie moeilik vir my om my verbeelding te laat gaan nie aangesien my kop soos 'n permanente radio is. Die informasie is daar vinniger as wat ek kan tik. Ek hoop maar daar is iemand anders wat dit geniet om dit te lees soos wat ek geniet om dit te skryf.
Saturday, 26 May 2012
Wednesday, 23 May 2012
Kerkbasaar en Kind Wees
Publiseer in ROOI ROSE Mei 2012
Heleen Niere
Vandag loop my gedagtes ver en wyd. Hoe lekker was dit nie om as kind die jaarlikse kerkbasaar by te woon nie. My opgewondenheid was groot wanneer ek die saal binne stap met 'n tien rand noot wat ek styf vas hou in my klein sweterige handjie.
Lywige tannies het hulle sakke vol gelaai met koeke, beskuit en die bekende basaar poedings ens. My eerste aankoop was gewoonlik die sappige koeksisters met baie stroop. Daarna het ek by die pannekoek tafel gaan mense tou staan.
By die "wit olifant"-tafel het ek 'n present vir my pa uitgesoek. Hy was altyd vreeslik trots op wat ook al hy van my gekry het.
Laaste, maar ook die lekkerste was die basaar poeding wat ek buite op die trap gaan sit en eet het. Rondom die ruik van braaivleis-vure het die mans besig is om boerewors rolletjies gemaak en moer koffie gedrink.
Hier staan en nou en wens dat Aspoestertjie se towertante my terug neem na 35 jaar gelede sodat ek nog een keer die lekkerte van kerkbasaar en van kindwees kan ervaar.

Sunday, 20 May 2012
In Kammaland
Soos in Junie 2012 Rooi Rose gepubliseer
(Skuilnaam gebruik)
My storietjie strek so 25 jaar in die verlede in toe ek jonk en baie arm was. My voertuig was 'n gehawende, geroeste verwaarlooste Ford bakkie. (Destyds 'n gewilde voertuig by die manne wat langs die pad snoek verkoop het) Die gasse en rook binne die bakkie het ons gedurig laat vensters oopdraai om asem te kon skep.
Ons was jonk, maar tog vreeslik lief om na "grand" plekke toe te gaan. Sodra ek en my vriendin 'n randjie in ons sakke het, het ons op getof in ons high pofaais en met groot "diamantringe" aan die vingers is ons reg om stad rooi te verf. Die 20 km roete van ons huis na die vyf ster hotel wa vol hindernisse wees. Ons moes voor die wegtrek 'n klomp 2L. Coke bottels gevul vol water vir die lekkende radiator en moes maar elke 2O minute stilhou om die verkoeler vol te maak. So tussen die rook walms en gasse het ons darem ongeskonde daar aangekom, maar die bakkie dadelik erens versteek.
Dan kom die groot oomblik waaneer ons die vyfsterhotel se eetvertrek inloop. Dit het so goed en reg gevoel. Ons het ure bestee by die "buffet" ete. Elke oomblik was kosbaar en wonderlik. Ons het tee gedrink en pinkie in die lug gehou soos regte sosiale vlinders. Ons het stadig geeet en koerant gelees totdat die ontbyt tafel afgedek word. Dan was dit tyd vir die twee prinsessies om weer in aspoestertjies te verander en die koets verander in die Ford bakkie. Tot 'n volgende keer.

Subscribe to:
Posts (Atom)