Gepubliseer ANIMAL MAGAZINE 2012
Geskryf onder my nooiens van
Heleen
Koen
Ek was nog nooit iemand wat geglo het aan 'n voeltjie in 'n hokkie
nie. Die dag toe my skoonma die klein ou blou voeltjie onder haar geparkeerde
motor vind, het ons lewe verander.
Vinnig het ek die Budgie in 'n
kartondoos gedruk, om hom so vinnig moontlik troeteldier winkel toe te neem.
Wonderbaarlik ontsnap hy en word toe amper katkos. My man hoor die geskree van
die benoude voeltjie en gaan kyk wat aangaan.
Die oomblik toe die voeltjie my
man gewaar, vlieg hy na hom toe en gaan sit op sy skouer. Die twee het dadelik
'n verbintenis gevorm en was onafskeidbaar. Die kleine ou voeltjie wat minder as
een tamatie geweeg het, het ons ure se plesier gegee. Hy was versot op
roosterbroodkrummels en is Krummel gedoop. Saans is Krummel toegelaat om uit sy
hok te kom. Sy gunsteling tyd verdryf was om op die bed se kopstuk te sit, waar
ons vir hom 'n vergrootglas spieel gesit het. Hy was alewig kwaad vir die
groter voel in die spieel en het hom vreeslik gepik en geskel. Raak jy net aan
die spieel dan word jy ook gepik. Krummel het my vele oggende uitgeskel as ek
verby hom stap sonder om hom buitentoe te neem.
Ons het een oggend die
voelhokkkie se deur oop vergeet en Krummel het verdwyn.
Ons harte was seer en
ons het getreur. Die kleine ou voeltjie het 'n groot leemte in ons lewe gelos en
ons mis hom vreeslik.
No comments:
Post a Comment