Ek het voorheen slegs kort aktuele paragrawe geskryf, en nou die dag, toevallig, skryf ek 'n kortverhaal. Ek het agter gekom ek geniet dit, en nou sal ek aanhou kortverhale skryf vir my eie plesier. Dit is nie moeilik vir my om my verbeelding te laat gaan nie aangesien my kop soos 'n permanente radio is. Die informasie is daar vinniger as wat ek kan tik. Ek hoop maar daar is iemand anders wat dit geniet om dit te lees soos wat ek geniet om dit te skryf.
Monday, 25 July 2011
My Katte kind Cayla
Die onderstaande stukkie nuus is nie 'n kort verhaal nie. Dit is 'n stukkie nuus uit my eie lewe. Ek glo meeste mense het al n soortgelyke situasie deurgemaak, en sal kan verstaan hoe ek voel.
My hart is gebreek vandag. My ou katjie wat net 'n bondeltjie flaf en bene was in die laaste tyd, het vandag haar finale bestemming bereik. Beentjies tuin toe soos my man sou se. Amper 'n jaar gelede vandat sy blind geword het, het ek geweet ek moet begin afskeid neem. Sy het ook die laaste paar maande aan dimensie gely en die hele huis haar toilet gemaak. Ek het bly glo en hoop sy is nog reg, want sy eet nog en sy het altyd en gelukkig in my arms gelyk. Die dag toe sy langs my op die bed le en slaap en die bed was nat, het ek geweet sy het geen beheer oor haar blaas meer nie.
Dit was die finale oog oopmaker vir my en aanvaarding dat vitamin aanvullings en baie liefde niks meer vir haar gaan beteken nie. Ek doen haar nie meer 'n guns om haar aan die lewe te hou nie. Ek moet haar laat gaan, die katjie wat ek soos 'n baba in my handsak rondgedra het en wat oral saam met my in die motor rond gery het is nou 'n ou, uitgeteerde, blinde, siek kat. Sy het 'n goeie lewe gehad en nou is dit tyd om te gaan rus. Sy was 16 jaar oud. Rus in vrede my geliefde Cayla kat.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment