Top Buttons

Wednesday 10 August 2011

Die Kunstenaar (deel 1)

Sy rou nie oor haar oorlede man nie. Sy voel net so morbied dat sy
aangetrokke voel na swart klere. Sy wil eerder rou oor die aaklige
agt jaar wat sy saam met George deur gebring het. Vir nie een oomblik
is sy spyt sy het die vark doodgemaak nie. Die wolk van depressie hang
oor haar kop. Wedewee, moordenaar, veelwywer, veraaier is 'n paar van
die vele name wat sy genoem is die laaste jaar. Ja, alles is waar,
maar haar kant van die storie vertel 'n ander verhaal. Haar storie
moes sy aan prokereurs, advokate, howe, koerante, tydskrifte en selfs
televisie programme vertel oor en oor en oor tot vervelens. Sy,
Suzanne Kock was hoofnuus vir 'n geruime tyd. Vir net meer as 'n jaar
moes sy haarself verdedig. Vandag het sy 'n vry vrou uit die hof
gestap. Sy moet eintlik feesvier, 'n partytjie hou, lag en ontspan,
want alles is verby. Sy is 'n ryk vrou, 'n vry vrou wat enige iets
kan koop wat haar hart begeer.
Sy vat 'n sluk van haar koffie, terwyl sy uitstaar oor die blou see.
Sy sit in 'n koffie winkel wat in Blouberg strand gelee is. Die see het
nog altyd gehelp om te genees. Sy onthou die keer toe haar geliefde
hondjie dood is, het haar ouers haar elke aand see toe geneem vir 'n
hele week, want dit is al hoe hulle haar kon laat ophou huil het. Na
haar eerste skool liefde met haar opgebreek het, het sy ook genesing
kom soek in die blou see.

Sy het haarself vanmiddag in 'n gastehuis wat uitkyk op die see
ingeboek. Sy beplan om so gou moontlik 'n huis met 'n see uitsig te
koop. 'n Plek waar sy oor kan begin, waar haal siel kan vrede he en 'n
plek wat sy haar huis kan noem. Die afgelope jaar was hotelle haar
woning. Sy het nie kans gesien vir daardie morbiede huis waar sy
George vermoor het nie. Die herrineringe was net te veel vir haar
sisteem.

Suzanne het George so 10 jaar gelede ontmoet toe sy net 22 jaar oud
was. Hy was 'n ryk sakeman vyftien jaar haar senior. Sy was
aangetrokke tot sy sterk persoonlikheid. Sy was nog jonk, onervare
sonder toekoms planne. Sy het net klaar studeer en was pennie loos en
het 'n studie lening gehad om terug te betaal. George het haar dadelik
'n werk aangebied in sy maatskappy met 'n goeie salaris en voordele.

Hy was toe nog in die proses om te skei van sy vorige vrou en sy was half huiwerig toe hy haar vra om met hom op 'n ete afspraak te gaan.
Hy het haar oortuig dat dit net blote papier werk is en dat hy binne 'n maand
'n vry man sal wees. Hulle eerste afspraak het in 'n hotel bed
geeindig. Hy was so oortuigend en sjarmant, dat sy in die begin selde
vir hom kon nee se.


Hy was na vele rusies eers 6 maande later geskei
van sy vrou en Suzanne was so verlig. Hy het haar met duur geskenke
toegegooi en sy was oorweldig deur die aandag, blomme en geskenke.
Hulle is net 3 maande na sy egskeiding getroud, en hy wou dadelik dat
Suzanne ophou werk. Die lewe was 'n lied. Sy en George het baie glans
geleenthede bygewoon en self ook onthaal. Sy kon ontwerpers klere dra,
die beste haarsalonne besoek, en gereeld die Hydro spa besoek vir alle
tipe skoonheids behandeling en ontspanning. Sy het middagetes saam met
vriendinne geniet by eksklusiewe resturante. Daar was min wat haar hart
begeer het. Vir 'n ruk lank het sy die perfekte lewe gehad. Na twee
jaar van absolute blis, het die krake begin wys. George het baie meer
beduiweld by die huis gekom en sy het gou geleer om hom net te los en
stil te bly. Hy wou al hoe gereelder weet van haar doen en late
gedurende die dag. Sy mag hom nooit uit gevra het oor werk nie
aangesien hy blykbaar wou afskakel en nie aan werk herinner wil word
as hy by die huis is nie.
George het voorgestel sy kry 'n stokperdjie
en spandeer meer tyd by die huis. Sy het begin skilder en dit eintlik
baie geniet. George se buie het vererger en sy het hom betrap terwyl
hy besig was om dwelm middels te gebruik. Hoe lank dit al aan die
gang was, weet sy nie, maar was seker dit was die rede vir sy buie. Sy
het later jare begin wens dat hy net sy dwelms neem en haar kan
uitlos. Hulle het baie minder begin uitgaan want George het ook baie
jaloers begin raak en geglo dat elke man waarmee sy praat sy eintlik
probeer verlei. Dit was net makliker om by die huis te bly want dan
kan hy haar nie verwyt nie.

Suzanne het haar verdiep in haar kunswerke en die tyd het gou verby
gegaan. Sy het altyd 'n koue rilling in haar rug af gekry as die
sleutel in die deur draai en George saans tuis kom. Party keer het hy
selfs middae huis toe gekom. Miskien om haar dop te hou of miskien
het hy nog 'n inspuiting nodig gehad. Sy het meeste van die dag geverf
en het genoeg skilderye gehad vir 'n uitstalling. Sy het 'n agent
aangestel om vir haar 'n uitstalling te reel en haar te
verteenwoordig. Hendrik, haar agent het absoluut geglo aan haar talent
en hulle het baie goed oor die weg gekom.

George se verslawing het vererger en moes voor werk ook homself
inspuit. Na werk is hy dadelik kamer toe vir sy volgende inspuiting.
Hy het begin agterlosig raak en dokumente oral laat rond le. Dit is
iets wat hy nooit voorheen sou doen nie en was baie gesteld op
ordentlike admin en privaatheid. Suzanne het een aand deur dokumente
gelees en agtergekom dat sy besigheid transaksies nie absoluut op die
tafel was nie. Hy het mense in hoe posisies afgepers en by die
afpersing was baie geld by betrokke. George se besigheid was baie
sterk finansieel, maar George self was nie meer die man wat hy was
nie. Voorheen was hy slim, selfversekerde, hardwerkende en gesoute
sakeman. Nou is hy patetiese, dwelmverslaafde skelm. Hy praat nie meer
met haar nie, maar skree op haar oor enige onnodige rede. Suzanne het
in 'n teruggetrokke wrak verander.. Sy was soms te bang om kombuis
toe te gaan dat sy selfs 'n filter koffie masjien in haar studio gekry
het.

Hy het haar krediet kaarte gestop, want hy wil nie he sy moet op die
straat le en sy geld spandeer nie. Hy betaal darem haar kuns
benodighede want die skilder hou haar binne in die huis, en dit pas hom
goed. Geen blomme of geskenke word meer afgelewer nie. Suzanne wou al
in 'n ander kamer gaan slaap, maar dit het George nie toegelaat nie.
Sy is sy vrou en sal na sy behoeftes omsien was sy woorde. Die aand
toe sy weier het sy ook 'n goeie veeg deur die gesig gekry. Daarna het
dit dikwels gebeur dat hy haar 'n oorveeg gee en by kere selfs
aanrand. Niemand het ooit haar kneus plekke gesien nie, want sy het
te min in die publiek verskyn voor sy Hendrik haar agent ontmoet het

1 comment: