Top Buttons

Thursday 4 August 2011

Coco en Chanel

Coco en Chanel, die twee katte sit ewe vermakerig op die bed. Met sulke name kan hul seker bekostig om so bietjie "up stairs" te wees. Hulle baas is 'n baie elegante skool juffrou. Haar naam is Magriet. Sy gee skool by 'n hoerskool vir meisies. Vir Magriet kan jy niks vertel van etiket, regte taal gebruik, mode en grimering nie. Jy kan haar deur 'n ring trek. Sy dra klassieke klere, rooi lipstiffie, haar hare is in 'n baie netjies styl en haar parfuum is Chanel no 5. Sy is amper 'n ware replika van die legendariese madame Coco Chanel haarself.
Magriet is ook baie lief vir lees, en het een van die kamers in haar meenthuis omskep in 'n biblioteek en leeskamer.

Dit is skool vakansie, en vandag is 'n baie spesiale dag vir Magriet. Sy gaan iemand ontmoet vir aand ete. Sy naam is Gusthaf en hulle het in die park ontmoet. Sy sit baie en lees in die park naby haar meenthuis. Die een middag het sy haar lees brille op die bankie vergeet en Gusthaf het dit opgetel, en agter haar aan gehardloop om dit vir haar te gee. Sy was baie bly om dit terug te kry aangesien dit n spesiale lees bril is wat sy net nou die dag laat maak het by die oogarts.
Sy het hom gevra hoe sy die guns kan terug betaal. Hy het eers gese, dis regtig nie nodig nie, toe weer agter haar aangehardloop en haar gevra om saam met hom aandete te geniet. Hy was aantreklik en omtrent 10 jaar haar senior.
Sy het dadelik vir Coco en Chanel vertel van Gusthaf. Dis nou wat gebeur wanneer jy so lank op jou eie woon. Jy voer gesprekke met jou katte. Coco draai haar kop skuins, en Chanel maak meaw geluidjies, so asof sy haar opinie lig.

Magriet se verloofde het haar sewe jaar gelede gelos sonder enige verduideliking. Slegs twee dae voor die troue het hy die pad gevat. Dit was nie net hartverskeurend hartseer vir Magriet nie, maar ook vreeslik vernederend. Dit het haar in 'n kluisenaar verander. Vir sewe jaar was daar nog nie 'n manlike besoeker in haar meenthuis nie, behalwe van die wat herstelwerk kom doen het.

Magriet kyk in die spieel en knik goedkeurend vir haarself. Sy het haar swart rokkie aan, perels wat sy by haar dierbare oorlede moeder geerf het, haar hoogste hak skoene en haar rooi lip stiffie. Haar blink hare val netjies oor haar skouers. Sy sit haar parfuum aan en sy voel goed.
Sy ontmoet vir Gusthaf by 'n resturant wat bekend is vir goeie kos en waar daar 'n wag lys is om daar te kan eet. Hy het die aanbeveling en bespreking gemaak. Sy arriveer vyf minute voor hul afspraak en Gusthaf sit reeds by die tafel. Haar hart klop vinnig toe sy hom sien. Hy staan op en trek die stoel vir haar uit. Hulle gesels van die begin af gemaklik en Magriet geniet elke oomblik in sy geselskap.
Hulle smaak is kos is soortgelyk, en hulle deel 'n bottel goeie rooi wyn. Magriet het baie aande haar smart in 'n bottel rooi wyn probeer verdrink. Sy voel vanaand weer lewe hier binne haar. Haar hart was dood en ys koud vir so lank. Al bietjie liefde wat sy oor gehad het, het sy op Coco en Chanel uitgestort.
Gustaf is 'n professor by die universiteit. Hy is 'n wewenaar en het 'n tiener seun. Sy het nooit gedink sy sal in 'n ouer man belang stel nie. Dan is daar nog die kwessie van 'n tienerseun. Nie 'n klein oulike seuntjie waarmee sy nog 'n verbintenis kan vorm nie, 'n vyftienjarige seun wat sy nooit geken het as kind nie.
Hy het haar 'n sagte soen op die wang gegee na die aandete en het belowe om die volgende dag te bel.

Sy kon skaars 'n oog toe maak van opgewondenheid en verliefdheid.
Die oggend word sy wakker gemaak deur die gelui van die telefoon. Dis Gusthaf en hy kom haar optel vir 'n piekniek. Sy spring uit die bed en sny dadelik twee komkommer skywe om die moegheid uit haar oe te trek. Sy bad, was hare, grimeer, trek gemaklike klere aan vir die piekniek en soos sy haar Chanel no 5 aansit, is daar 'n klop aan die deur. Dis Gusthaf en sy seun wat die piekniek mandjie vashou. Sy vries vir 'n oomblik omdat dit onverwags is. Sy het nie vir 'n oomblik gedink hy bring sy seun saam nie. Gusthaf stel sy seun Andries voor aan Magriet. "Goeie hemel pa, sy is veels te mooi en jonk vir jou" se Andries . Magriet voel dadelik verlig. Hy dink teminste sy is mooi en jonk. Andries loop na die twee katte toe en lees die naam plaatjies om hulle nek. " Mmm, twee baie posh katte die". Coco en Chanel baklei vir sy aandag. Sy was verniet bekommerd. Sy hou van Andries en sy dink hulle gaan baie goed oor die weg kom.

Die lente is hier. Die nuwe seisoen bring 'n nuwe begin vir Magriet. Die bloeisels is aan die bome en velde vol blommefleur. Die lente wink vir Magriet en die son skyn sy strale oor haar lyf.

No comments:

Post a Comment