Top Buttons

Sunday 24 July 2011

My nuwe lewe

Hierdie storie het ek volgens 'n voorgeskrewe inhoud geskryf.
Die inhoud moes hiv insluit.

Sy was een van daardie mense wat jy nooit kon tevrede stel nie. Gekla oor alles, van die verdomde puisie wat onverwags sy verskyning gemaak het, die weer wat nooit reg is nie, selfs die kat word verwyt oor sy hare wat te veel uitval en die huis vol le. Bitter min het daar enige woorde van dankbaarheid oor haar lippe gekom. Aletta was haar geboorte naam en dit is soos sy dit verkies. Niemand sal dit waag om haar Letta te noem nie. Sy hou nie van noem name en afkortings nie. Almal wat haar ken weet dit en niemand sal haar sommer aanspreek as liefie, skatebol, sweetie,  Lettie of iets soortgelyk nie. Sy wat  Aletta is, is geniemand se liefie nie. 
Daar was een iemand wat sy wel toegelaat het om haar liefie te noem. Hy was die liefde van haar lewe, haar alles.  Hy was haar alfa en omega, haar begin en einde. Sy wou haar lief en leed met hom deel en saam met hom oud word. Bertus was die man wat haar vyf jaar gelede 'n gelukkige vrou gemaak het. Salig gelukkig was sy vir amper twee jaar saam met Bertus.  Net voor die twee jaar verby was het die verhouding geeindig in 'n nagmerrie. Sy wou voorheen na niemand luister wat haar wou waarsku nie, selfs nie eers vir haar suster Gertuida nie. Sy en Gertruida woon  al hul hele lewe  saam. Hul ouers is dood in 'n motor ongeluk net na sy klaar gemaak het  op kollege en Gertruida in  haar laaste skool jaar was. Sy was Gertruida se voog en hulle woon nou nog in hul ouer huis. Die huis is op 'n klein hoewe met 'n rivier wat agter die huis verby loop. Twee dekades later en hulle is nog altwee oujong nooiens. Aletta oor met wat met haar gebeur het en Gertruida is 'n aantreklike, intelligente vrou voel haar suster het haar meer nodig as enige man. Sy wil ook haar dankbaartheid bewys teenoor haar suster wat so hard gewerk het om haar deur universiteit te sit.  Aletta het as perssonlike assistent gewerk in die dag en in die aand as kelnerin. Hulle het swaar gekry terwyl Gertruida studeer het, maar later het dit goed gegaan finansieel met beide van hulle.
Getruida het nooit betrokke geraak in 'n ernstige verhouding nie, selfs nie eers meer as een aand in 'n ry haar suster by die huis los nie.  Medemenslikheid, innige susterlike liefde en 'n skuld gevoel oor al die opoffering wat Aletta doer die tyd vir haar gedoen het.
Aletta self se verhoudings was kortstondig. Niemand was ooit goed genoeg nie en haar humeur het die mans ook weggedryf. Bertus was die een wie haar verander het en die een wat haar hart gesteel het en toe later  in duisende stukke gebreek het.
 Gertruida kon dwars deur Bertus sien reg van die begin af. Aletta was te verlief en as haar suster iets genoem het, het sy haar gewoonlik afgejak en gese sy is jaloers. Bertus het haar verneuk vele keer in hulle twee jaar verhouding en met sy gladde bek hom uit enige situasie en konfrentasie uitgelieg.  Sjarmant en uitgeslape soos die houtjie van die galg. Met sy gebore en aangeleerde gawes kon hy seker meeste vroue uitoorle. Sy het vir hom selfs 'n splinternuwe motor gekoop en sy besigheid finansieel ondersteun. Hy het Aletta vertel dat hy binnekort genoeg geld sou he om  vir haar 'n groot 'n spoggerige diamant te koop vir hul velowing.
Die donker dag, die dag van vernedering, van woede, van onhanteerbare hartseer was 'n donderdag laat middag toe Aletta vir Gertruida saam vra vir koek en tee. Dit was n resturant wat iemand vir haar aanbeveel het. Hulle het 'n plekkie by die venster gekies, sodat hulle 'n uitsig van die dam met eendjies op kan he. Dit is so mooi hier het Gertruida gedink, sy gaan vir Bertus hierheen bring.  Hulle bestel sjokkelade koek en filter koffie.  Terwyl hulle wag vertel Gertruida opgewonde dat sy dink Bertus is besig om 'n verloof  ring te soek vir haar want sy het hom nou al meer as een keer sien juweliers  brosjures bestudeer. Sy het nog elke keer gemaak of sy dit nie raaksien nie.
Gertruida probeer opgewonde lyk, maar die woorde sit vas in haar keel. Twee groot stukke baie aanlokkende sjokolade koek word voor hulle neergesit. Soos Aletta haar tweede happie vat word sy stil en word so wit soos 'n spook.  Sy laat val die koek vurk uit haar hand. Daar in die hoekie sit haar Bertus saam met 'n meisietjie wat sy so twintig jaar oud skat. Omtrent die helfde haar  ouderdom gaan deur Aletta se gedagtes. Sy oe is so vasgenael op die meisie dat hy glad nie vir Aletta raaksien nie. Op die tafel is twee glase sjampanje. Terwyl die meisie die glas op lig om 'n slukkie te neem sien sy die ring en die trane van blydskap loop oor die meisie se wange.  Aletta self begin te bewe en voel hoe die dolk deur haar hart gesteek word, uitgeruk word, weer ingesteek word, dan heen en weer gedraai word. Sy voel sy gaan flou word. Gertruida kom agter dat iets aan die gebeur en sy draai om, om te kyk wat haar suster so ontstel het. Verskriklike woede stoot in haar op toe sy Bertus en sy jong verloofde voor haar sien.  Die pyn raak te veel vir Getruida en sy begin swart sien.
Sy word wakker in 'n  wit hospitaal met  wit linne.  Sy kan niks onthou van hoe sy flou geval het en dat die ambulans haar hospitaal toe geneem het. Gertruida sit aan haar sy. Haar hand is bo op haar suster se hand. "Letta ek is so jammer" se sy. Dis die eerste keer dat Gertruida haar Letta noem en dis okay. Niks maak eintlik meer saak nie. Sy is dood van binne en sy voel nie  meer pyn nie. Tog vra sy dat hulle 'n hiv toets doen. Sy moet net weet. 
Dis nou drie jaar later. Ja sy was positief getoets. Met die hulp van die Here en Gertruida het sy vrede gemaak daar mee. Sy voel nou eers sy lewe regtig. Voorheen het sy net deur die lewe beweeg met skille op haar oe. Die vark, Bertus het die skille laat afval. Sy haat hom nie. Sy sal nie daal tot sy vlak nie. Sy is nie bitter nie. Sy wil nie wraak neem nie, want wraak het 'n negatiewe invloed op jou lewe.
In die begin het slaap die pyn verdoof. Stadig maar seker het sy begin beter voel. Tyd het haar heel gemaak. Al lewe sy met die "hiv" status, lewe sy vir die eerste keer regtig. Gertruida het haar gewys hoe veruklik die lewe kan wees, hoe asemrowend mooi die natuur is en hoe baie avonture daar is waarvan sy kan deel raak.  Hulle gaan stap in die oggend langs die dam en na werk sit hulle saam op hulle stoep van hul ouerhuis en kyk uit op die rivier wat kletter en by hulle afterplaas verby  loop. Aletta skryf gedigte en hou 'n joernaal. Gertruida is kunstig en skets, brei of borduur.  Die katte le rustig en slaap by hul voete. Die naweek wat kom, doen die twee saam met 'n stapgroep 'n staproete in die berge. Daar is avonture om na uit te sien, mooi sinne en woorde wat vorm op papier terwyl Alettaa haar gedigte skryf.  Daar is sprake van 'n digbundel wat sy gaan publiseer.  Sy het "hiv", maar sy het vir  Jesus en vir  Gertruida, geloof en 'n lewe wat saak maak.

No comments:

Post a Comment