Top Buttons

Saturday 23 July 2011

Die huis oorkant die straat

Ek het nog altyd met bewondering gestaar na die huis skuins oorkant die straat.  Dis 'n netjiese huis met die kaliber tuin wat jy in die Garden and Home magazine te siene sal kry. Dit is Gerty en Charles se huis waarin hulle al 29 jaar bly. Dit was oofspronklik Gerty se  oorlede ma se huis. Sy het so 'n dekade gelede haar eie lewe geneem deur  slaap pille te drink. Dit was 'n baie moeilike tyd vir Gerty om oor haar ma se dood te kom, want die twee was baie geheg aan mekaar. Sy het vreeslik gehuil en het eintlik twee hande nodig gehad om al die trane af te vee. Geen mens weet tot vandag toe nie wat die rede  vir haar selfmoord was nie. Gerty en Charles is maar stil en meng nie juis met die buurt se mense nie.  Charles kry nou wel die bewonderaars wat oor die muur loer waneer hy in die tuin doenig is, om wenke te vra oor hulle tuin of sommer net om te se hoe mooi die tuin is. 
Gerty en Charles is ordentlike en stil christen mense en niemand kan 'n skewe woord oor hulle se nie. Die raaisel oor Gerty se ma se selfmoord is die enigste iets wat nog ooit oor gefluister is.
So begin dit  verander die dag dat  Charles re trench raak op die ouderdom van 51 jaar.  Gerty gee hom toe haar blessing om op vroee pensioen te gaan en nie weer te gaan werk soek nie. Hy kon dus sy jare lange passie vir  tuin werk  vol uit  leef.  Gerty is afterall 'n direkteur by haar maatskappy en hulle kan dit mos bekostig. 
Dis gedurende die tyd dat Charles 'n man van leisure word, dat die sports begin. Madel wat 'n  beauty salon uit haar huis bedryf raak toe deel van die sameswering van sake. Sy met met haar uit tand hond Bruno, met die strikkie in die hare, begin gereeld by Charles se huis verby loop.  Dit het begin met net 'n vlugtige geselsie oor die muur. Die straat se mense hou die petalje dop en begin spekuleer.  Gerty en Charles is al 29 jaar getroud en die feit dat hulle nooit kinders gehad het nie, het hul liefde vir mekaar net versterk. Madel aan die ander kant het al drie mans gehad.  Twee is sy van  geskei en die laaste een is dood. Hy het haar geslaan en nog verneuk ook. Toe gebeur dit ook so dat haar oorlede man se  mistress voor haar man skielik oorlede is in 'n motor ongeluk. Die minares se hond beland so in Madel se sorg. Haar ontroue  man sterf 'n maand later aan 'n hart aanval en daar is dit net Madel en die hond Bruno wat oorbly.  Die einaardige hondjie, so gebasterde York shire terrier met die uit tand was vir Madel net te lelik en dis toe dat sy besluit het  die strikkie in sy hare sal sy voorkoms verbeter.
Madel  het net 'n seun van haar eerste man, maar die seun is lankal land uit en Madel woon stoksiel aleen met die brakkie in haar groot huis.
Op haar manier het Madel tog lief geraak vir die einaardige hondjie en sy maniertjies en hy vir haar. Die feit dat dit haar man se minares se hond was het baie stories in die buurt uitgelok.  Fooi tog, dit kan nie altyd maklik wees om te lewe met die spoke van jou ontroue man en sy minares nie. Bruno is ook 'n kostante herinnerin aan die owerspel.
Die omgewing se mense ondersteun Madel se salon goed. Waneer daar 'n belangrike funksie, kerk aangeleentheid of verjaardag is gaan besigheid veral goed.  Dan is daar die gereelde kliente wat  weekliks hul hare laat blow en ander wie se lang naels altyd maintain moet word.  Kla was ook nie iets wat Madel gedoen het nie. Sy was 'n goeie luisteraar en het nie uitgepraat of geskinder nie.  Kliente het dit geweet en waardeer. So het hulle  sommer 'n gratis sielkundige sessie ingekry saam met hul blow dry.
Madel se  gekuier oor die  muur met Charles raak 'n daaglikse instelling. Maandag tot Vrydag natuurlik, want Gerty is mos  naweke by die huis.  Nou dat Charles 'n man van leisure is, kan hy nou geseligge kuier saam met sy vrou naweke en los hy die tuin werk vir die week. Sommige naweke vat hul die pad kus langs, waar Gerty grootgeword het.  Daar woon hulle in 'n huur huisie of bungalow en stap ure lank langs die see. Saans besoek hulle dan 'n resturant in die area en daarna ontspan hulle met 'n glasie rooi wyn voor hulle kooi se kant toe staan. Ja, hulle is regtig goeie mense, sout van die aarde, soos my ouma sou se.
Nou terug in die straat begin die mense spekuleer van 'n affair tussen Madel en Charles.
Madel het nou die Vrydag wat verby is ook in Charles en Gerty se huis ingegaan. Dis nou een stappie verder as oor die muur kuier.  Hulle was amper 'n uur binne in die huis. So asof niks gebeur het nie is Madel en Bruno daar weg.  So gebeur dit toe dat daar elke Vrydag in die huis gekuier word. Na sewe weke se gekuier, lyk dit na 'n permanente instelling en besluit die mense van die straat  dis nou genoeg! Daar word 'n vergadering geroep en die vroue besluit daar moet ingegryp word en Gerty moet in kennis gestel word van die onheiligheid wat hier onder haar neus gebeur.  Dit is ook so dat sy wat Madel ons almal se asem onder ons uitslaan die volgende oggend toe sy vra dat al die bekendes daardie middag by haar huis bymekaar moet kom. Blykbaar het sy aangename nuus wat sy ons wil meedeel.  
Ons daag almal op, sommige half vies vir haar audacity dat sy nogal kamma vir ons goeie nuus het!  Selfs die woord slet word saggies gefluister.
Madel maak almal stil en begin haar toespraak. Dames, vriende, kenisse, dankie dat julle gekom het. Soos julle almal weet het ek en Charles baie tyd saam spandeer in die laaste paar weke. Daar volg daar ongelukkige gemompel tussen die vroue en sy maak weer almal stil. Die rede daarvoor sal aan meeste van julle nuus wees kondig sy aan. Ons het 'n groot verassings partytjie vir hom en sy vrou Gerty se 30 ste huweliksherdenking beplan en julle is almal genooi. 'n Sug van verligting word oral gehoor.  Die twee se liefde vir mekaar is vir my so precious dat dat ek my hulp aangebied het met die viering van hulle huweluksherdenking laat Madel weer hoor.
Almal se stemming verander in pure genot en plesier.  Daar word gelag, gesels en koffie gemaak. Ai, hoe verkeerd was ons almal om die arme, goeie Madel te verdink.
Net n laaste afkondiging dames, maak Madel almal stil. Ek gaan ongelukkig nie my salon se dienste kan aanbied vir die party nie.  Julle sal maar moet bespreek by Mayra op Mainroad. Ek gaan al die tricks uit die boek moet haal om my en Bruno op ons beste te laat lyk, want ek gaan my geheime internet lover aan julle voorstel die aand van die huweliks herdenking. Madel word toegejuig. Geluk is op die spel vir Madel. Hopelik bring man nommer 4 die geluk vir Madel wat sy nog altyd voor gewag het.

No comments:

Post a Comment