Top Buttons

Sunday 17 June 2012

Afrikaans Rock

Gepubliseer ROOI ROSE Mei 2012

Ek sit onder 'n boom met 'n koppie boeretroos en lees mooi Afrikaanse woorde uit rooi rose. Ek begin dink aan al die lekkerte van Afrikaans wees.
Koeksisters, biltong, bobotie en bokkoms is net 'n paar lekkernye wat so eie aan ons Afrikaners is. Die boeremusiek speel op die agtergrond by die onlangse kerkbasaar terwyl die mense smul aan parmantige poedings en ander weer hul sakke vol koop aan melktert, ingelegte vrugte, konfyt en boerebeskuit. Lekker boerewors braai, potjiekos met skaapsterte en gesellige vure is die meeste Afrikaanse mans se gunsteling-tydverdryf. Hertzoggies, gebakte brood met plaasbotter en moerkoffie is bederfdinge wat voorgesit word wanneer ek vriende wil beindruk.
Ons taal is so vol beskrywende woorde en passievolle uitdrukkings en bring die trots en genot van Afrikaans wees in my uit.

Sunday 10 June 2012

Desember Vakansie

Gepubliseer in VROUE KEUR Februarie 2012 Heleen Niere

Ek het nie die Desembervakansie by 'n eksotiese bestemming deurgebring nie, maar doodgelukkig by my huis. In my tuin onder die boom het Vrouekeur en ander lekkerleesboeke se woorde my bekoor terwyl ek geurige filterkoffie en gebakte beskuit daarby geniet het. In my tuin het ek gesaai en met my hande in die grond gewoel. Ek kon voel hoe dit my stres verlig. Saans het die braaivleisvuur en die gesis van die ribbetjie oor die kole my vermaak. Sommige dae het ek soos 'n ware kunstenaar ryk nageregte en soetgoed in die kombuis optower en ander dae bosse laventel gepluk om my huis skoon en vars te laat ruik. Ek het deur die jaar die nodige inkopies gedoen sodat ek die Desember-gejaag in die besige sentrums kon vryspring. Salig en onbewus van al die geskarrel, het ek en my diertjies ons in die stilte van die agterplaas verdiep.