Top Buttons

Sunday 10 June 2012

Desember Vakansie

Gepubliseer in VROUE KEUR Februarie 2012 Heleen Niere

Ek het nie die Desembervakansie by 'n eksotiese bestemming deurgebring nie, maar doodgelukkig by my huis. In my tuin onder die boom het Vrouekeur en ander lekkerleesboeke se woorde my bekoor terwyl ek geurige filterkoffie en gebakte beskuit daarby geniet het. In my tuin het ek gesaai en met my hande in die grond gewoel. Ek kon voel hoe dit my stres verlig. Saans het die braaivleisvuur en die gesis van die ribbetjie oor die kole my vermaak. Sommige dae het ek soos 'n ware kunstenaar ryk nageregte en soetgoed in die kombuis optower en ander dae bosse laventel gepluk om my huis skoon en vars te laat ruik. Ek het deur die jaar die nodige inkopies gedoen sodat ek die Desember-gejaag in die besige sentrums kon vryspring. Salig en onbewus van al die geskarrel, het ek en my diertjies ons in die stilte van die agterplaas verdiep.

No comments:

Post a Comment