Top Buttons

Monday 25 July 2011

My Katte kind Cayla



Die onderstaande stukkie nuus is nie 'n kort verhaal nie. Dit is 'n stukkie nuus uit my eie lewe.  Ek glo meeste mense het al n soortgelyke situasie deurgemaak, en sal kan verstaan hoe ek voel.

My hart is gebreek vandag.  My ou katjie wat net 'n bondeltjie flaf en bene was in die laaste tyd, het  vandag haar finale bestemming bereik. Beentjies tuin toe soos my man sou se.  Amper 'n jaar gelede  vandat sy blind geword het, het ek geweet ek moet begin afskeid neem.  Sy het ook die laaste paar maande aan dimensie gely en die hele huis haar toilet gemaak. Ek het bly glo en hoop sy is nog reg, want sy eet nog en sy het altyd en gelukkig  in my arms gelyk. Die dag toe sy langs my op die bed le en slaap en die bed was nat, het ek geweet sy het geen beheer oor haar blaas meer nie.
Dit was die finale oog oopmaker vir my en aanvaarding dat vitamin aanvullings en baie liefde niks meer vir haar gaan beteken nie. Ek doen haar nie meer 'n guns om haar aan die lewe te hou nie.  Ek moet haar laat gaan, die katjie wat ek soos 'n baba in my handsak rondgedra het en wat oral saam met my in die motor rond gery het is nou 'n ou, uitgeteerde, blinde, siek kat. Sy het 'n goeie lewe gehad en nou is dit tyd om te gaan rus. Sy was 16 jaar oud. Rus in vrede my geliefde Cayla kat.

No comments:

Post a Comment