Top Buttons

Sunday 20 May 2012

In Kammaland

Soos in Junie 2012 Rooi Rose gepubliseer
(Skuilnaam gebruik)

My storietjie strek so 25 jaar in die verlede in toe ek jonk en baie arm was. My voertuig was 'n gehawende, geroeste verwaarlooste Ford bakkie. (Destyds 'n gewilde voertuig by die manne wat langs die pad snoek verkoop het) Die gasse en rook binne die bakkie het ons gedurig laat vensters oopdraai om asem te kon skep.

Ons was jonk, maar tog vreeslik lief om na "grand" plekke toe te gaan. Sodra ek en my vriendin 'n randjie in ons sakke het, het ons op getof in ons high pofaais en met groot "diamantringe" aan die vingers is ons reg om stad rooi te verf. Die 20 km roete van ons huis na die vyf ster hotel wa vol hindernisse wees. Ons moes voor die wegtrek 'n klomp 2L. Coke bottels gevul vol water vir die lekkende radiator en moes maar elke 2O minute stilhou om die verkoeler vol te maak. So tussen die rook walms en gasse het ons darem ongeskonde daar aangekom, maar die bakkie dadelik erens versteek.

Dan kom die groot oomblik waaneer ons die vyfsterhotel se eetvertrek inloop. Dit het so goed en reg gevoel. Ons het ure bestee by die "buffet" ete. Elke oomblik was kosbaar en wonderlik. Ons het tee gedrink en pinkie in die lug gehou soos regte sosiale vlinders. Ons het stadig geeet en koerant gelees totdat die ontbyt tafel afgedek word. Dan was dit tyd vir die twee prinsessies om weer in aspoestertjies te verander en die koets verander in die Ford bakkie. Tot 'n volgende keer.

1 comment: